Jy was ons klein Duimpie en jy het maar net 40g geweeg toe jy gebore is, maar jy het ‘n reuse hart en siel gehad. Jy het so baie by my kom sit en net vir my gekyk so asof jy wou se: “Ek is so baie lief vir jou” maar ek was baie liewer vir jou. My liefste Duimpie, jy is wreed weggeneem van my maar ek sal jou altyd baie liefhe en onthou. Jy was maar net 5 maande oud en het maar net 1.5kg geweeg toe die blou apie jou by ons voete weggegryp het en doodgebyt het. Ek mis jou so baie my Klein Duimpie.
Speel nou maar lekker saam jou maatjies in die Hemel my seuntjie.
Baie liefde, Mamma